Friday 3 February 2017

Perfekte piesangbrood



Perfekte piesangbrood
Lewer een broodjie van sowat 25 cm lank
Bestanddele:
2 k koekmeel
1 k suiker...
2 medium tot groot eiers
3 piesangs
120 g sagte botter
½ t bakpoeier
½ t koeksoda
½ t sout
1 t vanilla essence
½ k volroommelk

Metode:
1. Verroom die botter en die suiker.
2. Klits die eiers liggies met ’n vurk en voeg by die bottermengsel.
3. Sif die meel by, gevolg deur die bakpoeier, sout en vanielje.
4. Los die koeksoda in die melk op, voeg dit by die res van die bestanddele en roer deeglik.
5. Druk die piesangs met ’n vurk fyn en roer dit deur die mengsel.
6. Gooi die mengsel in ’n broodpan gesmeer met botter en bak vir 45 minute tot 1 uur op 180 grade, tot goudbruin en tot jy sien die middelste gedeelte aan die bokant is mooi gaar. Dis een van daardie verdraagsame gebakgoed wat niks sal oorkom as jy ’n slag of wat die oonddeur oopmaak om te loer nie.
7. Sit warm of koud voor met ’n smeersel botter, saam met goeie koffie of tee.

* Die broodjie sal nog beter smaak die volgende dag, wanneer hy behoorlik klam gaan wees. Jy kan dit ook gerus rooster en met heuning of kaneelbotter eet vir ontbyt. En dan vermoed ek dit kan ook uitstekend werk as poeding, mits jy dit ’n rooster en voorsit saam met ’n skeppie vanieljeroomys …