Thursday 16 February 2017

Mieliebrood met pynappel



Mieliebrood met pynappel
Genoeg vir: 4-6 blikke
Bereidingstyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 25 minute
...
• 250 ml polenta
• 250 ml koekmeel, plus ekstra meel vir oorsif
• 15 ml bakpoeier
• 15 ml suiker
• 3 eiers, geklits
• 30 ml ongegeurde jogurt
• 60 ml olyfolie
• 1 blik (220 g) pynappelringe, gedreineer, gekap
• 1 blik (410 g) mielies, gedreineer
• 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
• 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
• 1 bossie sprietuie, gekap
• 125 ml mozzarellakaas, gerasper
1. Voorverhit die oond. Meng al die bestanddele behalwe die kaas. Smeer 4-6 skoongewaste blikkies, sif meel oor en skud die oortollige meel uit. (Dit help dat die broodjies makliker uitkeer nadat dit gebak het.)
2. Vul die blikkies driekwart vol met die beslag. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir sowat 25 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom as dit getoets word. Laat effens afkoel, sny om die rande los en keer uit.