Tuesday 31 January 2017

SPINASIE QUICHE



DIDI SE DOODGOOI SPINASIE QUICHE (Rsg)
Bestanddele
3 snye bruinbrood, gekrummel
1 ui, opgekap en gebraai (Meng die ui en die krummels)...
2 koppies spinasie, gekook
6 sampioene, in skywe gesny
1 ui, opgekap en gebraai
1 pakkie gesnipperde spek

1 pakkie bruin uiesop
½ koppie Cheddarkaas
½ koppie maaskaas
3 eiers
Fetakaas, gekrummel
Metode
Sit gebraaide uie en brood wat gekrummel is onder in quiche-bak. Braai sampioene, spinasie, uie en spek. Meng soppoeier, cheddarkaas, maaskaas en eiers. Sit bo-op brood- en uie mengsel. Krummel feta bo-oor en bak vir ½ uur in voorverhitte oond teen 180 grade.