Friday 27 January 2017

Maalvleispastei met mieliemeelkors



Maalvleispastei met mieliemeelkors
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
...
VULSEL
olie
1 ui, gekap
500 g maalvleis
250 ml (1 k) tamatiepuree
sout en peper
KORS
250 ml (1 k) mieliemeel
250 ml (1 k) koekmeel
30 ml (2 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
60 g botter, gesmelt
1 eier, geklits
250 ml (1 k) melk
•Voorverhit die oond tot 200 °C.
•Spuit ’n oondvaste bak met kossproei.
1.VULSEL Verhit ’n bietjie olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot halfgaar.
2.Roer die tamatiepuree by en geur met sout en peper. Laat 10 minute prut, skep in die voorbereide bak en hou eenkant.
3.KORS Sif al die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg die gesmelte botter, geklitste eier en melk by en meng goed.
4.Skep die deeg oor die maalvleis en bak 25 minute tot die kors gaar is. Sit voor.