Tuesday, 24 January 2017

BOEREWORSROL



BOEREWORSROL
Genoeg vir 4 mense.
1 boks blaardeeg
1 fles uiemarmelade
500 g boerewors - gebraai ...
1 eier - geklits
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met koekmeel bestrooi is.
Smeer die marmelade oor en los ’n paar millimeter oop aan die een punt.
Sny die wors middeldeur sodat jy 2 ewe groot stukke het.
Sit een stuk van die wors op die deeg en rol die deeg tot die wors bedek is.
Sit die 2de stuk wors op en rol dit saam met die eerste een.
Sit die worsrol op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is.
Verf die bokant van die worsrol met die eier en bak dit vir 20 - 30 minute in die oond of tot die deeg goudbruin is.
Sit voor saam met ’n slaai.


No comments:

Post a Comment