Tuesday, 8 November 2016

VIS-EN-PASTA SLAAI




VIS-EN-PASTA SLAAI
250 g (½ pak) spiraalpasta
SLAAI
400 g (1 pak) bevrore stokvis
250 ml (1 k) volroommelk...
125 ml (½ k) water
4 ekstragroot eiers, hardgekook en in skywe
250 ml (1 k) komkommer, ontpit en in blokkies

1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
250 ml (1 k) mozzarellakaas, in blokkies
410 g (1 blik) pynappelstukkies, gedreineer
500 ml (2 k) rou kool, fyngekerf
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
4 grasuie, gekap
1 agurkie, fyngekap
250 ml (1 k) mayonnaise
15 ml (1 e) volroommelk
1 ml sout
knypie peper
1 Kook pasta in borrelende soutwater tot amper gaar. Dreineer en hou eenkant.
2 Slaai Kook vis in melk en water tot gaar. Dreineer. Laat effens afkoel tot hanteerbaar en trek velletjies af. Breek met vurk in growwe stukke.
3 Hou vis en eierskywe eenkant.
4 Meng oorblywende slaaibestanddele bymekaar, asook pasta.
5 Skep slaai in geskikte opdienbak. Pak vis en eierskywe bo-op.
6 Sit dadelik voor.

No comments:

Post a Comment