Wednesday 23 November 2016

Platribrol met spinasievulsel




Platribrol met spinasievulsel
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20-25 minute
Gaarmaaktyd: sowat 2 uur
...
15 ml (1 e) olie
125 g spekvleis, in blokkies gesny
2 preie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) vars tiemie
125 g spinasie, fyn gekap
75 ml (5 e) vars witbroodkrummels
60 g bloukaas, gekrummel
VLEISROL
1,5 kg beesplatrib, ontbeen
40 ml vars suurlemoensap
500 ml (2 k) droë witwyn
geroosterde groente vir opdiening

Voorverhit die oond tot 160 °C.
1.VULSEL Verhit die olie in ’n pan en braai die spek, preie en knoffel ’n paar minute. Geur met sout en peper en verwyder van die hitte. Laat dit effens afkoel en voeg die tiemie, spinasie, broodkrummels en bloukaas by.
2.VLEISROL Plaas die vleis op ’n skoon werkoppervlak en skep die vulsel bo-op. Versprei die vulsel sodat die hele oppervlak bedek is en druk die vulsel effens plat met jou hand sodat dit makliker rol. Rol die vleis op en bind dit vas met tou.
3.Plaas die rol in ’n groot oondbak en geur buite-om met sout, peper en suurlemoensap. Voeg die witwyn by. Oondbraai 2 uur of tot die vleis gaar is. Laat staan die vleisstuk 10 minute voor jy dit in skywe sny. Sit voor met geroosterde groente.