Tuesday 1 November 2016

Ontbytpotjies




Ontbytpotjies
BESTANDDELE:
250 ml hawermout
250 ml vars vrugte na keuse...
300 g mengsel van neute, sade en droëvrugte
125 ml klappervlokkies

300 ml dubbeldik Griekse jogurt
heuning na smaak (±15 ml per potjie)
METODE:
1. Rooster die hawermout tot ligbruin. Plaas dan op ’n bakplaat om af te koel. Herhaal met die klappervlokkies.
2. Sny die vrugte in happiegroottes en hou eenkant.
3. Meng die saadmengsel met die hawermout en klappervlokkies.
4. Pak die bestanddele in afwisselende lae in die flessie: die granolamengsel, jogurt, vrugte en heuning.
5. Sit koud voor.