Tuesday, 1 November 2016

Eetbare kersgeskenk



Eetbare kersgeskenk
Hierdie eetbare versierings kom uit die Britse tydskrif Delicious en het net twee bestanddele – dit kan nie makliker nie. Al wat jy nodig het, is ’n rol gekoopte skilferkorsdeeg en ’n paar eetlepels suikerkorrels. Rol die deeg oop, borsel met water en besprinkel met die suiker. Sny feestelike vorms uit met ’n koekiedrukker en rangskik taamlik ver uit mekaar op ’n bakplaat. Bak 10-12 minute teen 220 °C of tot goudkleurig en gaar. B...esprinkel met ekstra suiker en sit voor saam met geklopte room en konfyt of bessiepuree.
Moenie dié koekies te lank voor die tyd maak nie want hulle moet binne twee dae geëet word.