Monday 17 October 2016

Sweetcorn plaatkoekies




Sweetcorn plaatkoekies
BESTANDDELE
1 blikkie geroomde sweetcorn (suikermielies)
1 eier
1 koppie koekmeel
Sout en peper
olie vir braai
sweet chilli sous vir bediening
METODE
Voeg ’n knippie sout en peper by die meel. Klits die eier in ’n aparte bak en roer dan die sweetcorn by. Voeg die sweetcorn mengsel by die meel en meng totdat daar niks klonte is nie. Verhit olie in ’n swaarboompan. Braai eetlepelsvol van die mengsel in die olie totdat daar bo borrels begin vorm. Draai dan die plaatkoekies om en braai tot goudbruin. Versier met bros spek en papaja.