Tuesday 11 October 2016

Soetsuur-boerewors




Soetsuur-boerewors
Jy benodig:

*1 x 440 g-blik pynappelringe, gedreineer (hou die sous eenkant)
*1 kg wors (enige wors is reg, maar sosatiewors is die lekkerste)...
*6 sosatiestokkies
*12 kersietamaties
*12 matige pikantrissies (Peppadews®)
*1 teelepel mosterdpoeier
*1 eetlepel suiker
*1 eetlepel suurlemoensap
*1 eetlepel sojasous

So maak jy:

Ryg die wors op die stokkies. Sny die pynappelringe in kwarte. Deel die wors in ses ewe groot stukke en ryg elkeen op sy eie sosatiestokkie. Sit ’n stukkie pynappel, ’n kersietamatie en pikantrissie in elke vou.