Tuesday 25 October 2016

Smelt in die mond Bros beskuitjies




Marié Fourie se Smelt in die mond Bros beskuitjies
 
5x250 koekmeel
250 ml strooisuiker

500 gr keur botter by kamertemperatuur (NB) (ek het stork bake gebruik)
Knippie sout



 Voorverhit oond conventioneel 160 grade of thermofan 150 grade onthou net almal se oonde se termostat is nie dieselfde nie Jy moet maar aanpas

METODE
Sif suiker en meel net 1x in n groot bak
Verdeel die botter en voeg een porsie botter by meelmengsel
Die rede vir die verdeling van die botter is om die inwerk daarvan te vergemaklik. Lig die bestanddelele gedurig soos jy dit inwerk
Werk nou die botter goed
Versprei nou in nongesmeerde pan (voorgestelde grootte 26x38x3cm
Versprei deeg egalig oor die pan en druk stewig vas
Prik nou gaatjies in met n vurk in rye so ongeveer 1 cm uitmekaar.  Bak in voorafverwarmde oond vir 30-40 minute
Haal uit oond en sprinkel strooisuiker egalig oor
Sny warm
 
 
Ek het die beslag dubbel aan gemaak. My kostes uit gewerk en het my R87 gekos om te maak. Dit my so +-150 koekies gegee. Ek meet my vingertjies af met n klein mostert blikkie se onderkant en dan is al die vingertjies ewe groot en lyk mooi op n bord of vir verpakking.