Thursday 20 October 2016

Skuinskoek



Skuinskoek

Maak: omtrent 40 bolletjies
Bereidingstyd: 1 uur, plus rystyd
Gaarmaaktyd: omtrent 5 minute per slag...

• 125 g (135 ml) botter
• 425 g (500 ml) suiker
• 500 ml kookwater
• 500 ml warm melk
• 1 pakkie kitsgis
• 2 groot eiers, liggies geklits
• 270 g (500 ml) koekmeel
• 20 ml anyssaad
• 1,4-1,5 kg koekmeel
• sonneblomolie, vir diepbraai

1 Sit die botter en suiker in ’n groot bak, voeg die kookwater en warm melk by en roer dit tot die suiker opgelos het. Laat dit eenkant afkoel.

2 Meng die gis met 60 ml koue water en voeg dit by die melkmengsel. Klits die eier by en dan die 500 ml meel en meng dit goed. Bedek dit met ’n klam teedoek en laat dit op ’n warm plek rys tot dit in volume verdubbel het.

3 Voeg die anyssaad, 3 ml sout en 1,4 kg meel by. Meng nog meel by, indien nodig, tot die deeg nie meer klewerig is nie en jy dit maklik kan knie. Knie dit vir 20 minute met die hand of in ’n voedselverwerker met ’n deeghaak. Laat dit weer op ’n warm plek rys tot dit in volume verdubbel het.

4 Knie die deeg vir ’n minuut of twee. Smeer ’n bietjie sonneblomolie op ’n skoon werkoppervlak en rol die deeg omtrent 2-3 cm dik uit.

5 Sny die deeg in diamantvorms.

6 Verhit sonneblomolie oor matige hitte en braai die stukke deeg tot dit goudbruin en deurgaar is. Laat dit op kombuispapier dreineer. Geniet dit saam met ’n koppie koffie.