Tuesday 4 October 2016

Sampioenburgers




Sampioenburgers

Resep Bestanddele
1 tot 2 knoffelhuisies
1 tot 2 sopies (50 ml tot 100 ml) botter...
1 t gekapte pietersielie
6 reuse-sampioene (soos portobello)
6 sagte hamburger-rolletjies
gewone roomkaas
fetakaas

Kole Medium tot baie warm
1.Meng die knoffel, botter en pietersielie.
2.Sny die rolletjies en smeer roomkaas op die onderste helfte van elkeen.
3.Braai die sampioene op matige tot warm kole totdat hulle mooi bruin en redelik sag is, altesame so 6 tot 8 minute. Braai hulle vir 3 minute met die onderkant (die swart kant) wat kole toe kyk. Draai hulle dan om, skep ’n bietjie knoffelbotter op elkeen en braai met die bokant (die wit kant) blootgestel aan die kole totdat hulle sag is. Hulle draai redelik maklik om en as jy versigtig werk, sal hulle nie breek nie. Jy kan ’n oop-of toeklaprooster gebruik as jy wil.
4.Sit een sampioen op elke rolletjie en krummel fetakaas bo-oor.
5.Jy kan die burgers onmiddellik bedien. Die sampioen se sap sal in die rolletjie intrek terwyl jy eet.