Tuesday 4 October 2016

Mikrogolf Vrugtekoek




Mikrogolf Vrugtekoek
Bestandele:
500 gram vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 koppie karamel bruinsuiker (donker kleur)...
180 ml botter
1 ½ koppie water
125 ml rooi kersies gesnipper (opsioneel)


15 ml opogehoopte appelkooskonfyt
10 ml droë koeksoda
500 ml meel
5 ml gemengde speserye
5 ml gemmer
5ml kaneel
5 ml sout
2 eiers
125ml brandewyn
60 ml brandewyn.
Metode
Kook die vrugtemengsel, dadels, suiker, botter, water en kersies vir 10 minute in die mikrogolf oond op 100% krag. Laat die mengsel afkoel. Voeg dan appelkooskonfyt by en laat staan vir nog ‘n rukkie. Strooi koeksoda by, meng en laat staan vir verdere 20 minute.
Meng die meel, speserye, gemmer, kaneel, sout saam. Meng die meel mengsel by die vrugtemengsel. Klits die eiers en meng in by die mengsel. Gooi nou die brandewyn by en meng goed. Neem ‘n plastiek bak van ongevere 20cm in deursnit en spuit met “spray en cook” en voer die bodum uit met waspapier. Gooi die mengsel in die bak en sit in die mikrogolf oond vir 20 minute by medium (60-70% krag).
Haal die bak uit en gooi 60 ml brandewyn oor die koek en laat HEELTEMAL afkoel. Haal uit as die koek afgekoel is en bedek met foelie tot wanneer benodig vir bediening.