Tuesday 18 October 2016

KERRIE BEETSLAAI




KERRIE BEETSLAAI

Bestanddele
125 ml water
125 ml bruinasyn ...
200 ml suiker
750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny
1 groot ui – gekerf
5 – 10 ml kerriepoeier
2½ ml sout
30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee

Metode
Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is. Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute. Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.