Tuesday 27 September 2016

YSTERVARKIES:




YSTERVARKIES:
BENODIG:
500 ml strooisuiker...
4 groot eiers
250 ml olie
5 ml vanilla-geursel
750 ml meel, gesif
15 ml bakpoeier

250 ml melk
klapper
MAAK SO:
Klop die strooisuiker en eiers in menger tot dit lig en donsig
Voeg die olie en vanilla-geursel by.
Voeg die gesifte meel en bakpoeier alternatiewelik by met die melk.
Gooi die mengsel in n plat vierkantinge of reghoekige koekpan en bak by 180C vir 25 - 30 minute of tot die koek goudbruin is.
Laat afkoel en sny in gewenste grootte blokkies.
STROOP:
500 ml suiker
250 ml kookwater
45 ml kakaopoeier
15 ml botter of margarien
knippie sout
MAAK DAN SO:
Verhit die suiker, kakao, botter en water tot dit begin borrel.
Gooi knippie sout by
Laat afkoel tot louwarm
Doop die vierkantige stukkies koek in die stroop, maak seker al die kante is goed bedek.
Rol in die klapper.