Thursday 8 September 2016

Spinasiebroodjie




Spinasiebroodjie
1 x 500g pak bruismeel
3ml sout
100g cheddarkaas, gerasper (250ml)
1 groot knoffelhuisie, gekneus, of 5ml gekapte knoffel...
1 groot eier; geklits
1 x 175g houertjie ongegeurde jogurt
1 x 250g sakkie geroomde spinasie
Sif bruismeel en sout saam. Voeg cheddarkaas en knoffel by. Meng geklitste eier, jogurt en spinasie goed saam en voeg by droë bestanddele. Meg goed en skep in 'n gesmeerde broodpan. Bak 50 - 60 minute of tot gaar in 'n voorverhitte oond by 180 grade C. Keer op 'n afkoelrak uit. Lewer 1 broodtjie.