Tuesday 20 September 2016

Soetpatat en botterskorsie




Soetpatat en botterskorsie
Lewer: 6
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
...
500 g soetpatat, in blokkies gesny
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
6 huisies knoffel, fyngedruk
1 rooirissie
45 ml (3 T) olie
6 lemoenpampoentjies / gem squash
  Handvol grasuie, gekap

1. Voorverhit die oond tot 200⁰C. Plaas soetpatat en botterskorsies in ’n pan saam met die knoffel, rissie en olie. Smeer die mengsel oor die groente dit tot goed bedek is met die olie.
2. Rooster vir 30 minute in die oond, of tot die groente sag is. Druk alles saam fyn.
3. Sny die botterskorsies in die helfte en plaas in ’n kastrol met die skil na onder. Bedek die bodem met water en kook met die deksel op vir 15 minute of tot sag. Skep die soetpatatmengsel in die lemoenpampoentjies of druk dit daaroor uit deur ’n buis. Strooi die grasui bo-oor.