Tuesday 6 September 2016

ROMERIGE KASERIGE ROEREIERS




ROMERIGE KASERIGE ROEREIERS
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
8 eiers...
5 ml (1 t) grasuie, fyn gekap

60 ml
(¼ k) room
sout en peper na smaak
15 ml (1 e) botter
50 g sampioene, in skywe gesny
45 ml (3 e) camembertkaas
8 snye brood
METODE:
Klits die eier, voeg die grasuie en room by en geur met sout en peper.
Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte.
Wanneer dit skuim, braai die sampioene 5 minute en giet die eiers by.
Roer dit af en toe met ’n spatel of houtlepel vir 3 minute of tot amper geset.
Verwyder die pan van die hitte en roer die camembert in. Sit die eiers saam met die brood voor.