Monday, 5 September 2016

MINI KAAS-BRODE



MINI KAAS-BRODE

Lewer 12 mini-brode

Bereiding: 10 minute...
Baktyd: 1 uur

1 L (4 k) bruismeel
250 g cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) bevrore mieliepitte
500 ml (2 k) maas
1 ui, gekap
125 g spekvleis, gekap
’n hand vol grasuie, gekap
½ hand vol tiemie, gekap

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 12 mini-broodpanne of 1 groot broodpan.
2. Meng die meel, die meeste van die kaas (hou ’n biejie eenkant vir bo-oor strooi), mieliepitte, maas, ui en spekvleis in ’n bak.
3. Skep die deeg in die voorbereide pan(ne) en bedek met die oorblywende kaas.
4. Bak sowat 1 uur of tot goudkleurig en deurgaar.
Garneer met grasuie en tiemie

No comments:

Post a Comment