Tuesday 20 September 2016

Kaas en ham gevulde aartappels




Kaas en ham gevulde aartappels

4 groot aartappels (met skil aan)
Botter om aartappels te smeer
6 eetlepels botter...
3 eetlepels gerasperde uie
½ teelepel peper
2 medium eiers
2 koppies gerasperde cheddar kaas, verdeel in die helfte
1 koppie blokkies gaar ham
2 gekapte grasuie
Instruksies:
Verhit die oond tot 180 grade. Was en droog aartappels. Vryf elke aartappel met botter . Prik aartappels verskeie kere met vurk. Bak vir 1 uur by 180 grade. Sny die aartappel in die helfte en skep die aartappelvleis uit. Sit skille op gesmeerde oondpan. In ‘n groot bak, klop aartappels vir 1 minuut. Voeg botter, uie, eiers en peper by . Klop tot glad en romerig. Vou in een koppie kaas en ½ koppie van ham, vul aartappel doppe met mengsel. Top met die oorblywende 1 koppie kaas, en die oorblywende ½ koppie ham. Bak by 180 grade vir 15-20 minute of tot die aartappels deeglik verhit en kaas gesmelt is. Strooi die grasuie oor en geniet dit !!

Wenk: Die ham kan vervang word met spek wat bros gebraai is