Tuesday 20 September 2016

Gevulde gebakte aartappels



Gevulde gebakte aartappels
Maak: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 11/4 uur
Oondtemperatuur: 200 °C
...
• 4 ekstra groot bakaartappels
• 1⁄2 pakkie spinasie, punte afgesny
• 50 g botter
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 2 sprietuie, baie fyn gekap
• 250 g ricotta
• 60 g gruyère of beleë cheddar, gerasper
1 Skrop die aartappels skoon en prik dit oraloor met ’n vurk. Pak op ’n bakplaat en bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot deurgaar.
2 Maak intussen die spinasie gaar in ’n bietjie water. Dreineer goed en versnipper.
3 Sny die aartappels middeldeur en skep die vleis uit, maar hou die dop heel. Pak die doppe op ’n bakplaat. Gebruik ’n vurk en druk die vleis saam met die botter, knoffel en sprietuie fyn. Voeg die ricotta, spinasie en die helfte van die kaas by. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng goed en skep in die aartappeldoppe. Strooi die res van die kaas oor. Bak vir nog 10 minute of tot warm. Sit ’n paar minute onder die roosterelement, as jy wil.