Wednesday 7 September 2016

Fredalaine Greeff Harmse se Gesonde Ontbyt-Muffins



Fredalaine Greeff Harmse se Gesonde Ontbyt-Muffins
Sif 375 ml koekmeel,
10 ml bakpoeier,
1 ml koeksoda en 1 ml sout saam.
Gooi in ’n fles met lae van die volgende:
250 ml gougaar hawermout,
125 ml bruinsuiker,
250 ml gekapte gemengde
droëvrugte, byvoorbeeld pynappel, goji-bessies, kersies of nektariens, en 60 ml gemengde neute en sade.
Skryf op ’n kaartjie
Verhit die oond tot 200 ˚C.
Gooi die inhoud van die fles in ’n mengbak.
Klop 65 ml gesmelte botter,
250 ml melk of jogurt en een groot eier saam en roer by die droë bestanddele.
Skep in gesmeerde en gevoerde muffinpanne en bak vir 20 tot 25 minute tot gaar.