Thursday 4 August 2016

Wors en eier Ontbyt Kasserol




Wors en eier Ontbyt Kasserol
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 30 min.
250 g spek, grof gekap
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olie
250 g sampioene, in skyfies gesny
1 blik (410 g) Mediterreense gekapte tamaties
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
2 knoffelhuisies
5 ml (1 t) bruinsuiker
sout en pas gemaalde peper
250 g chorizo, in skyfies gesny
4 eiers
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Skep uit en hou eenkant.
2.Gebruik dieselfde pan, verhit die botter en olie en braai die sampioene tot gaar.
3.Meng die spek, sampioene, gekapte tamaties, pitmielies, knoffel en bruinsuiker en geur met die sout en peper.
4.Skep die mengsel in ’n oondbak en versprei die chorizo bo-oor.
5.Maak 4 holtes in die tamatiemengsel en breek versigtig ’n eier in elke holte.
6.Bedek met foelie en bak 15-20 minute of tot die eiers gaar is.
7.Sprinkel die kaas oor en sit voor saam met roosterbrood.