Wednesday 10 August 2016

Peri-peri hoenderlewerpasta




Peri-peri hoenderlewerpasta
Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 35-40 min.

500 g pasta
500 g hoenderlewertjies, skoongemaak en afgespoel
sout en peper
125 ml (½ k) meel
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 brandrissie, fyn gekap
15 ml (1 e) tamatiepasta
30 ml (2 e) worcestersous
5 ml (1 t) paprika
15 ml (1 e) suiker
45-60 ml (3-4 e) periperi- sous
250 ml (1 k) room
1.Kook die pasta tot al dente en dreineer. Hou eenkant.
2.Geur die lewertjies met die sout en peper en rol in die meel. Skud die oortollige meel af.
3.Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die lewertjies tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
4.Braai die uie, knoffel en brandrissie in dieselfde pan tot geurig. Voeg die tamatiepasta by en roerbraai ’n paar sekondes.
5.Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot die sous effens verdik. Geur met die sout en peper.
6.Skep die sous op die pasta, pak die lewertjies bo-op en sit voor met vars roketblare en parmesaankaas.