Wednesday 17 August 2016

KRUGER AARTAPPELS




KRUGER AARTAPPELS
Jy benodig (genoeg vir 4)
4 groot aartappels, in omtrent 8 skywe elk gesny
1 blik soetmielies, gedreineer
1 koppie room...
sout en witpeper
2 hande vol cheddar-kaas, gerasper en in blokkies gesny.

SO MAAK JY:
Laag vir laag. Sit al die be-standdele, buiten die kaas, in ’n gesmeerde platboompot.
Sit die pot so 30cm bo matig warm kole.
Los dit vir so 20 minute (moenie roer of loer nie) of totdat die aartappels gaar is 3.
Smelt in die mond.
Sprinkel kaas oor die gereg en sit die deksel terug sodat dit kan smelt.
Sit dit as bykos voor by enige braaigereg.