Wednesday, 17 August 2016

Kahlua torte




Petro van Genderen
Die torte nou gebak ... dis n koek maar jy gebruik krummels in pleks van meel .....

Kahlua torte
3 ekstra groot eiers
250 ml suiker

200g ( 1 pakkie ) Cream Crackers , fyngedruk
5 ml bakpoeier
30 ml Kahlua likeur ( koffielikeur )

100 g melk sjokolade , gekap
100 g okkerneute , gekap
Versiersel
250 ml room
15 ml suiker
60 ml kahlua
Sjokolade krulle vir garnering
Voorverhit oond tot 180 C . Spuit n 23 cm losboompan baie goed met kleefwerende middel . Klits eiers met elektriese klitser en voeg suiker geleidelik by . Klits deeglik na elke byvoeging en Klits dan goed tot lig en donserig . Voeg res van bestanddele by en meng versigtig deur met metaallepel . Skep in voorbereide pan en bak vir 30 minute . Laat koek heeltemal afkoel in pan en verwyder ring versigtig .
Versiersel
Klits room tot dit begin verdik en voeg dan suiker en Kahlua geleidelik by . Klits mengsel tot sagte punte vorm , smeer oor koek en garneer met sjokoladekrulle .

1 comment:

  1. Re:200g ( 1 pakkie ) Cream Crackers , fyngedruk

    Die Ceam Crackers in die resep is dit n sout of soet?
    Dankie
    Elbie

    ReplyDelete