Thursday, 4 August 2016

Bierbrood met kaas en kruie




Bierbrood met kaas en kruie
250 g (450 ml) bruismeel
250 g (450 ml) koekmeel
7,5 ml bakpoeier
10 ml sout...
100 g (250 ml) beleë Cheddarkaas, gerasper

1 x 340 ml blikkie bier
90 ml water
30 ml sagte bruinsuiker
30-45 ml vars tiemieblaartjies
6-8 gemarineerde songedroogde tamaties, in repies gesny
15-30 ml sonneblom-, papawer- of sesamsaad of ’n mengsel hiervan
1. Voorverhit oond tot 200 °C. Smeer ’n 1,5 liter broodpan of ander interessante houers, bv leë blikkies van verskillende vorms en groottes of individuele broodpannetjies deeglik met botter.
2. Sif mele, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Roer kaas by en meng res van bestanddele, behalwe saadjies, in ’n aparte bak saam. Roer vloeistof by droë mengsel in en roer net tot al die bestanddele deur gemeng is.
3. Skep in voorbereide pan of houers en sprinkel saadjies oor. Druk saadjies liggies vas en bak brood sowat 50-60 minute of 20-30 minute vir kleiner broodjies of tot ’n toetspen net skoon uitkom.
4. Laat broodjies vir net so 2-3 minute in pannetjies staan. Keer dan dadelik, maar versigtig uit. Sit warm saam met braaivleis of gebraaide wors met sagte botter voor.
Wenke:
1. Vervang songedroogde tamaties met 125 g spek, gebraai en gekap of 125 ml fyn biltong of met 60-90 ml pesto en die Cheddar met Pecorino kaas.
2. Dit maak heerlike roosterbrood die volgende dag – bygesê, ás daar iets oor is.
(Heleen Meyer)

No comments:

Post a Comment