Wednesday 17 August 2016

Aartappel en Spek Gebak




Aartappel en Spek Gebak
5 medium aartappels (geskil en in blokkies gesny en half gaar gekook)
1 ui gekap
1 Eetl Olyfolie
2 koppies gerasperde kaas...
250gr pakkie spek (gekap)
1 blikkie ideal melk (354ml)

½ blikkie melk (gebruik die ideal melk se blikkie)
8 eiers
Sout en peper na smaak
Paar stukkies gekapte spruituie
Oond 180C
Verhit die olyfolie en braai die aartappels tot ligbruin
Gooi die aartappels in ‘n bak wat gespuit is met spray en cook
Pak lae, uie, kaas en spek
Meng in ‘n bak die eiers, melk, sout en peper
Gooi die eiermengsel oor
Gooi spruituie oor
Bak vir 45 na 55 min of tot eier gestol is
Gee ruskans van 10 minute –
Wenk: Jy kan die spek vervang met blokkies ham
Indien jy nie ideal melk het nie, gebruik net melk
Hierdie is 'n groot resep - maak 15 skywe.
Halveer gerus die resep