Monday 25 July 2016

Wors-en-bonesop




Wors-en-bonesop
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.
30 ml (2 t) olie
400 g wors, omhulsel verwyder, gekap
1 ui, fyn gekap
2 rooi soetrissies, fyn gekap
2 wortels, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
2 takkies roosmaryn, gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ml (¼ t) brandrissievlokkies
1 L (4 k) hoenderaftreksel
400 g gekapte tamaties
400 g cannellini-bone, gedreineer, afgespoel
2 hande vol babaspinasie
60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper
1.Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die wors tot bruin. Sit eenkant. Voeg die uie, soetrissies, wortels en knoffel in dieselfde kastrol en braai tot die uie deurskynend is.
2.Voeg die roosmaryn, sout, swartpeper en brandrissievlokkies by. Roer die aftreksel, tamaties en gebraaide wors in. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut 15 min.
3.Maak die bone grof fyn met ’n vurk, voeg by en laat prut 10 min.
4.Verdeel die spinasie tussen die bakke, skep die sop oor die spinasie en sit warm voor bedek met die parmesaankaas.