Monday 4 July 2016

Tamatie- en Groenboontjie Skaap Skenkel Bredie



Tamatie- en Groenboontjie Skaap Skenkel Bredie

Bestanddele:

1- tot 2 kg skaap skenkel stukke 1/4 kop kookolie
3 groot uie, in skywe gesny
3 knoffelhuisies – gepers

500 ml vleis aftreksel – warm
ekstra warm water
3 groot aartappels, in kwart stukke gesny
500 g groenbone
1 pak sampioene, heel of klein, gesny as groot
4 sprietuie
3 tamaties, ontvel en gekap
1tl oreganum
Knypie gemaalde naeltjies
knypie paprika
1 tl ml vars roosmaryn of 5 ml gedroogde
3 tl bisto poeier aangemaak met halwe kop water Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Potbraai skenkel in verhitte olie tot mooi goudbruin Besprinkel met oreganum, naeltjies, paprika en roosmaryn.
Voeg uie en knoffel by en soteer tot deurskynend raak
Giet verhitte aftreksel oor. Prut stadig vir 1 en 1/2 uur , of tot droog gekook, potbraai weer lekker. Gooi biejties , bietjies water, braai vir so 15 min oor matige hitte.
Rangskik nou groente bo-op vleis in die volgende volgorde: aartappels, groenboontjies, sampioene en sprietuie. Skep tamatie bo-op groente. Geur met sout en peper na smaak.
Gooi nou net genoeg warm water oor om groente te bedek. Sit deksel op en prut vir 1 uur of totdat vleis en groente sag is.moenie roer tydens die gaarmaak proses.
Gooi nou eweredig die bisto mengsel bo-oor, en laat prut stadig saam, tot sous dik is,
Voor opdiening, roer versigtig om seker te maak dat die vleis en groente nie breek nie.

*Bedien met rys of stampmielies of lekker potbrood of kluitjies..