Friday 8 July 2016

Sensasionele sjokoladekoek




Sensasionele sjokoladekoek
As jy ‘n sjokoladekoek gaan bak, bak ‘n ordentlike een. Dink donker, bittersoet, klam en ryk. In een woord – dekadent. Hier is vier van die bestes.
...
Sjokoladeringkoek
Gebruik goeie kitskoffie met ‘n ryk geur vir dié resep. Jacobs se kitskoffies is ‘n goeie keuse.
125 ml kakao
10 ml kitskoffiepoeier
160 ml kookwater
125 ml sagte botter
375 ml witsuiker
60 ml heuning
2 eiergele, teen kamertemperatuur
5 ml vanieljegeursel
250 ml volroom vanieljejogurt
15 ml mielieblom
500 ml koekmeel
5 ml koeksoda
7 ml bakpoeier
2 eierwitte, teen kamertemperatuur
3 ml kremetart
Versiersel
80 ml kakao
125-180 ml yskoue ingedampte melk óf room
250 ml gesifte versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n ringkoekpan met botter. Bestuif met meel en hou eenkant. Meng die kakao, koffie, kookwater en botter saam tot glad. Roer die suiker, heuning, eiergeel en geursel by en klits liggies tot gemeng. Hou eenkant. Meng die mielieblom en jogurt saam en roer by die sjokolade-en-heuningmengsel. Sif die meel, koeksoda en bakpoeier saam. Maak ‘n holte in die middel en voeg die sjokolademengsel by. Roer goed. Klits die eierwitte en kremetart saam tot stywe punte vorm en vou by die beslag in. Giet in die pan en bak vir ongeveer 45-60 minute of tot gaar. Laat vir ‘n paar minute in die pan afkoel en keer uit op ‘n draadrak. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam. Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek.
Lewer 1 groot ringkoek.
(Landbou)