Wednesday 6 July 2016

Semel en neut “biscotti”




Semel en neut “biscotti”
(maak 100 snye)
1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier...
5 ml sout

3 k suiker
2 k semels
2 k volgraan vlokkies
1 k gemengde sade
½ k pekanneute, grof gekap
250 g botter, gesmelt
2 k karringmelk
3 eiers, geklits
Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die suiker, semels, graanvlokkies en neute daarby. Meng die gesmelte botter, karringmelk en eiers by die droë bestanddele en roer deeglik.
Verdeel die deeg in vier en vorm in ‘n lang silinder vorm. Plaas op die vooraf bereide bakplaat en bak vir 30 – 40 minute tot goudbruin.
Verwyder uit die oond en laat heeltemal afkoel. Sny in 2.5 cm snye en plaas op ‘n bakplaat. Laat oornag uitdroog in ‘n lou-warm oond. Verpak in ‘n lugdigte houer.