Thursday 14 July 2016

Pofferige Kaasrys...




Pofferige Kaasrys...
200 g rys (1 k)
4 eiers
500 ml VOLROOM melk (2 k)
100 g grof gerasperde Cheddar kaas (1 k)
5 ml sout (1 t)
30 ml botter of margarien (2 e)
Kook die rys gewoonweg net tot sag.
Dreineer dit goed.
Verhit die oond tot 180 °C.
Smeer 'n vlak, oondvaste bak met 'n volume van 1.5 liter (6 k).
Skei die eiers, Klits die eiergele, melk, kaas en sout saam.
Smelt die botter of margarien en roer dit by.
Voeg die rys by. Klits die eierwit tot styf en vou dit by die rysmengsel in.
Giet dit in die bak.
Bak die gereg ongeveer 50 minute lank tot gestol en goudbruin