Thursday 14 July 2016

Peppermint Crisp Tert




Peppermint Crisp Tert
Dis vinnig en definitief die moeite werd.
Bestanddele
1 blik karamel kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies
1 pak Orley-Whip
4 Klein peppermint sjokolades
Metode
Plaas die sjokolade in die vrieskas tot dit lekker koud is. Rasper die sjokolade of breek dit in fyn stukkies.  Klop die Orley-Whip tot dit lekker styf is.  Voeg dan die karamel kondensmelk en ¾ van die sjokolade by en klop dit goed saam.  Pak die Tennis beskuitjies in ʼn bak, gooi die Orley-Whip mengsel bo-op die beskuitjies en strooi dan die laaste sjokolade bo-op.