Monday 4 July 2016

MARELI SE VINNIGE KORSLOSE MELKTERT




MARELI SE VINNIGE KORSLOSE MELKTERT

1 groot melktert

1 liter melk
1 kaneelstokkie
3 eiers
3 eiergele
30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) suiker
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) koekmeel
1 ml sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
kaneelsuiker

Voorverhit die oond tot 180°C
1. Kook die melk en een kaneelstokkie vir 3 minute in die mikrogolf en laat tot kamertemperatuur afkoel.
2. Berei ‘n oondvaste tertbak van 27 cm voor deur dit liggies met botter te smeer.
3. Skei die eiers en klits die eierwitte tot sagtepuntstadium.
4. Smelt die botter en meng dit met die suiker en ses eiergele.
5. Voeg die bakpoeier, meel, sout, melk en vanieljegeursel by en meng goed.
6. Vou die eierwitte by die mengsel in en gooi die mengsel in die tertbak.
7. Bak vir 60 minute of tot gestol.
8. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
9. Sprinkel met kaneelsuiker en bedien.