Thursday 28 July 2016

Lemoenchiffonkoek



Lemoenchiffonkoek
Genoeg vir 10-12
• 300 g (2 1/4 k) koekmeel, gesif
• 375 g (1 1/2 k) suiker
• 15 ml (3 t) bakpoeier
• 5 ml (1 t) sout
• 125 ml (1/2 k) sonneblomolie
• 5 eiergele, ongeklits
• 180 ml (3/4 k) koue water of lemoensap
• 15 ml (1 e) lemoenskil, fyn gerasper
• 7 eierwitte
• ’n knypie kremetart

Voorverhit die oond tot 160 ºC.
1 Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Maak ’n holte in die middel en gooi die olie, eiergele, sap/water en lemoenskil in die holte. Klits tot glad.
2 Klits die eierwitte met die knypie kremetart in tot baie styf.
3 Giet die meelmengsel oor die eierwitte, en vou sagkens in tot die mengsels gemeng is.
4 Gooi in ’n ongesmeerde 25 cm-chiffonpan en bak vir 60-75 min.
5 Haal uit en verkoel onderstebo in die pan. Laat heeltemal afkoel voor jy die koek uit die pan haal.

Versiersuiker
• 80 ml (1/3 k) sagte botter
• 750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
• lemoensap
Room die botter en versiersuiker tot glad. Voeg genoeg lemoensap by om ’n sagte smeer te maak sodat dit egalig kan smeer.

Gekristalliseerde lemoenskil
1 Spoel 2 lemoene goed af, skil met ’n groenteskiller, en sny die skil in dun repies.
2 Smelt 250 ml (1 k) suiker in 250 ml (1 k) water in ’n middelslag-kastrol.
3 Voeg die lemoenskil by en kook vir 10 min. Haal die skil uit die stroop en laat vir 5 min. afkoel. Sit op die koek vir versiering.