Thursday 21 July 2016

Brandewynpoeding



Brandewynpoeding
Jy benodig(genoeg vir 6-8)


• 1 teelepel (5 ml) koeksoda
• 1 pakkie (250 g) dadels, ontpit en fyngekap
• 1 koppie (250 ml) kookwater
• 100 ml sagte botter
• 1 koppie (250 ml) suiker
• 1 eier
• 1 opgehoopte koppie (300 ml) koekmeel
• ’n knippie sout
• 1 teelepel (5 ml) bakpoeier


VIR DIE SOUS
• ½ koppie (125 ml) suiker
• 200 ml room of water (room is ryker, maar lekkerder)
• 2 eetlepels (30 ml) botter
• ¼ koppie (60 ml) brandewyn
• ¼ koppie (60 ml) lemoenlikeur


Só maak jy
1. Maak ’n vuur vir stadige kole wat ’n driekwartuur gaan hou en smeer jou platboompot (nr. 10) met botter.
2. Sprinkel die koeksoda oor die dadels en laat dit in kookwater week tot dit afgekoel het.
3. Room die botter en die suiker goed saam met ’n houtlepel en meng die eier dan daarby in.
4. Druk die dadels met ’n vurk fyn en voeg dit by die bottermengsel.