Wednesday 27 July 2016

Brakkiekoek



Brakkiekoek (Tuis Tydskrif)
Genoeg vir: 1 koek of 4 groot muffins
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute...
Oondtemperatuur: 180 ̊C

• 250g maer maalvleis
• 1 gerasperde wortel
• 75g hawermout
• 75g meel
• 30g botter
• 3 plaaseiers
• 250ml ongegeurde jogurt
• stukkies ham, spek of worsies as versiering
1. Maak die maalvleis in ’n klein bietjie water in ’n pan gaar. Voeg die gerasperde wortel by en kook nog ’n rukkie.
2. Meng die hawermout en meel in ’n groot mengbak en vryf die botter in. Voeg die eiers by om ’n taaierige pasta te maak. Skep die maalvleismengsel by en meng alles saam.
3. Druk die mengsel in ’n gesmeerde koekpan (ons het 4 holtes van ’n groot muffinpan gebruik). Bak vir ’n halfuur. Laat afkoel en versier met die jogurt en stukkies ham, spek of worsies.
LET WEL Die kersie dien slegs as versiering – moet dit nie aansteek nie, want dit laat honde skrik. En keer tog dat woefter dit eet!
GEVAAR Moet nooit die volgende vir jou hond voer nie – dit kan haar dood veroorsaak:
• sjokolade
• uie
• druiwe en rosyntjies