Friday, 22 July 2016

Boerewors-frittata



Boerewors-frittata
15 ml (1 e) olyfolie
500 g boerewors
4 groot aartappels, gekook en in skywe gesny
60 ml (¼ k) gekaramelliseerde uie
200 g (2 wiele) fetakaas, gekrummel
5 eiers, geklits saam met 60 ml (¼ k) melk
sout en peper
•Voorverhit die oond tot 200 °C.
•Voer ’n 20 cm-koekpan met tinfoelie uit.
1.Verhit die olie en braai die wors tot goudbruin en gaar.
2.Pak lae aartappel, uie, wors en fetakaas in die koekpan.
3.Geur die eiermengsel met die sout en peper en giet in die koekpan. Bak 30 minute in die verhitte oond of tot gestol. Laat effens afkoel en sny in skywe.

No comments:

Post a Comment