Thursday 21 July 2016

Amarula-broodpoeding



Amarula-broodpoeding
Vir 4-6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 45 minute2 eetlepels botter
½ koppie Amarula
¾ koppie room

1 koppie melk
½ koppie suiker
3 eiers
6 dag oue croissants of mosbolletjies, in stukkies gesny
50 g sjokolade, gekap

1. Smeer ’n 40 cm x 15 cm- oondvaste bak of pot, of 4 blikbekers met botter.

2. Meng die Amarula, room, melksuiker en eiers goed saam in ’n bak, gooi die broodstukkies daarby en laat dit vir 10 minute goed week.

3. Skep die helfte van die mengsel in die gesmeerde bak of verdeel dit tussen die bekers, sprinkel die sjokolade oor en skep dan die res van die mengsel bo-op.

4. Bak dit op ’n driehoek oor matige kole met ’n paar kole op die deksel vir 45 minute totdat die poeding goudbruin en uitgepof is. In die oond moet jou temperatuur 180 °C wees. Die blikbekers kan in ’n groot plat pot gepak word, of oop in die oond – dit sal sowat 20 minute neem.