Wednesday 20 July 2016

8 Melkterte




VINA & MIENA SE MELKTERTE
(Vir 8 terte)
VINA SE SKILFERKORS:...
4 k koekmeel
1 ml sout
125 g koue botter

2 eiers, geskei
12,5 ml suurlemoensap
250 ml yskoue water
25 ml koekmeelblom
5 ml kremetart
sonneblomolie
500 g gerasperde koue botter
METODE:
Sif die 4 k meel en sout 6 keer saam.
Vryf die 125 g botter in die meelmengsel in tot dit krummelrig is.
Klits die 2 eiergele baie goed en voeg die helfte van die water (125 ml) by.

Voeg die suurlemoensap by die orige water. Sny die twee watermengsels beurtelings in die meelmengsel met 'n slaplemmes.
Meng tot hanteerbare deeg en knie liggies tot elasties. Draai die deeg in botterpapier toe en sit dit 30 min lank in die koelkas.
Verdeel die gerasperde botter in drie gelyke dele.

Bestrooi die werkvlak liggies met meel en roldie verkoelde deeg in 'n vierkant van ongeveer 8 mm dik daarop uit.

Rol die deeg liggies uit - moenie dit rekof te hard daarop druk nie. Strooi een derde van die gerasperde botter oor die deegvierkant.
Vou die vier hoeke van die vierkant na mekaar toe soos die agterkant van 'n koevert.

Draai die deeg in botterpapier toeen sit dit 30 minute lank in die koelkas.

Rol die deeg weer in 'n vierkant uit en strooi die tweede derde botter oor.

Herhaal die proses soos beskryf. Rus weer 30 minute lank. Meng die 25 ml koekmeel met die kremetart.

Rol die deeg 'n derde keer uit en strooi die laaste derde botter oor.
Strooi die meelmengsel oor die botter en druk dit liggies vas.
Vou die deeg weer soos 'n koevert toe, draai in botterpapier toe en laat goed koud word in die koelkas voor gebruik.

VULSEL:
16 k melk (4 liter)
5 stukke pypkaneel
125 g botter
70 ml koekmeel
70 ml mielieblom
7,5 ml bakpoeier
knippie sout ongeveer
1 k melk
3 k wit suiker
10 eiers, geskei
6 ml suurlemoengeursel
3 eierwitte, geklits (korse word hiermee geverf)
Verhit oond tot 200ºC.
Voer 8 ongesmeerde oondtertbakke van glas met die skilferdeeg uit. Sny 'n strook deeg van 1,5 - 2 cm virelke tertrand.
Plak die rand met die geklitste eierwit om die rand van die tertbak aan die kors vas.

VULSEL METODE:
Verhit die melk met die kaneel daarin in 'n swaarboomkastrol. Voeg die botter by en laat die melk kook.

Verlaag die hitte sodra kookpunt bereik is en roer deurentyd om te keer dat die melk aanbrand.

Sifdie koekmeel, mielieblom, bakpoeier en sout saam en meng met die 250 ml koue melk tot 'n dun pasta.

Roer bietjie van die kookmelk by die pasta en meng goed.
Voeg hierdie mengsel by die kookmelk in diekastrol en roer deurentyd.

Voeg 500 ml van die 750 ml suiker by en verhit weer tot kookpunt.
Roer deurentyd tot die mengsel begin verdik. Haal die kaneelstukke uit. Haal van die stoof af.

Klits die eiergele liggies. Klits die eierwitte in 'n afsonderlike bak tot skuimerig maar nie styf nie.

Voeg die orige 250 ml suiker by die eiergele.
Roer bietjie van die afgekoelde melkpap by die eiergele en roer dan die gele by die melkpap in die kastrol.

Voeg die geursel by. Vou die eierwitte in die lou eiermengsel.
Verf die binnekant van die ongebakte tertkorse met geklitste eierwit (dit keer dat die kors kluitjierig bak).

Giet die vulsel daarin en bak dit 10 minute lank teen 200ºC.
Verlaag die temperatuur tot 180ºC en bak die tert ongeveer 12 minute lank tot die onderkant van die kors ligbruin is.