Thursday 23 June 2016

SUURLEMOEN KAASKOEK




SUURLEMOEN KAASKOEK

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 20-25 minute...
Afkoeltyd: 30 minute

250 g Tennisbeskuitjies, fyngemaak
110 g botter, gesmelt
250 g gladde roomkaas
2 eiers, geskei
1 blik (398 g) kondensmelk
60 ml (1Ž4 k) suurlemoensap
15 ml (1 e) suurlemoenskil, fyn gekap
125 ml (1Ž2 k) strooisuiker
Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer die basis van ’n ronde 20 cm-losboompan met bakpapier uit en spuit met kossproei.
1. Meng die beskuitjies en botter en druk vas op die bodem van die koekpan. Verkoel ongeveer 30 minute tot ferm.
2. Klop die roomkaas, eiergele, kondensmelk, suurlemoensap en skil saam tot glad. Giet oor die kors en bak 15 minute.
3. Klop intussen die eierwitte styf, voeg die strooisuiker bietjie-bietjie by en klop tot glanserig. Skep dit oor die warm koek en bak nog 10 minute tot die meringue goudbruin is. Laat afkoel en sit voor