Wednesday 8 June 2016

KAAS & SPEK PASTEITJIES



KAAS & SPEK PASTEITJIES

 
■ 1 x 400 g-rol skilferkorsdeeg
■ 20 ml soet rissiesous, basiliepesto of songedroogde tamatiepesto
■ 125 ml gebraaide, gesnipperde spekvleis
■ 250 ml gerasperde kaas (ons het 125 ml cheddar en 125 ml mozzarella gebruik)
■ 1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200°C. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak effens dunner uit en druk met ’n koekiedrukker agt groterige sirkels uit. Smeer ’n teelepel soet rissiesous of pesto van jou keuse op vier van die sirkels se binnekante.

Skep twee eetlepels elk spekvleis en kaas in die middel van die gesmeerde sirkel. Bedek die kaas-en-spekhopie met die ander (ongesmeerde) deegsirkels en druk die kante goed met ’n vurk toe.
Pak die vier pasteie op ’n uitgevoerde bakplaat en verf met geklitste eier. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en deurgaar. Sit warm voor met slaai en ’n sous van jou keuse. Lewer 4 porsies.