Wednesday 1 June 2016

Gekaramelliseerde uie




Gekaramelliseerde uie
   Lewer 500 ml 


30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
4 groot uie, gehalveer en in dun skyfies gesny
15 ml (1 e) gedroogde tiemie of 5 ml (1 t) komynsaad
45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
45 ml (3 e) balsamiekasyn
sout en peper
45 ml (3 e) vars tiemieblare
  1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n braaipan (AMC 28 cm Chef’s Pan werk uitstekend) en soteer die uie stadig met die tiemie of komynsaad tot amper sag.
  2. Voeg die suiker en asyn by en soteer die uie nog 10-15 minute tot heeltemal sag en gekaramelliseer. Geur na smaak. Roer die vars tiemie by.
  3. Gebruik dit warm of teen kamertemperatuur. Dit hou lank in ’n glasfles in die yskas.
Wenk
1. Harder kruie soos vars roosmaryn of gedroogde kruie kan ook. Speserye soos karwy- of vinkelsaad is ook geskik. Gebruik ’n ander soort asyn of gegeurde olie vir interessante geurkombinasies. Suurlemoen- of kruiegegeurde olie verleen ook lekker geur.