Monday 30 May 2016

Warmsjokolade-koekies




Warmsjokolade-koekies
LEWER 40 KOEKIES
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10 min.


Bestanddele
250 ml (1 k) strooisuiker
250 ml (1 k) bruinsuiker
3 eiers

350 g botter
1 L bruismeel (250 ml x 4)
375 ml (1½ k) warmsjokoladepoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel

VULSEL
250 ml (1 k) strooisuiker
115 g botter
60 ml (¼ k) melk
30 ml (2 e) warmsjokoladepoeier
30 ml (2 e) kookwater

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat. Klits die strooisuiker en bruinsuiker saam met die eiers tot lig en bleek. Voeg die botter by en meng goed. Voeg die meel, warmsjokolade en vanieljegeursel by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Rol die deeg in balletjies en pak die balletjies op die bakplaat. Druk effens plat en bak 8 tot 10 min. Laat afkoel.
Vulsel Plaas die suiker, botter en melk in ’n kastrol. Meng die warmsjokoladepoeier met die kookwater en voeg by die melkmengsel. Meng goed en kook 5 min. Verwyder van die hitte en klits tot styf en koud. Smeer die vulsel oor die afgekoelde koekies en plaas twee-twee op mekaar.