Tuesday 3 May 2016

Volstruis frikkadelle met soetsous




Volstruis frikkadelle met soetsous -  Soekie Goosen

FRIKKADELLE
Bestandele...
500 g Volstruis maalvleis
200 g Spek snippers
1 aartappel, grof gerasper
1 ui, grof gerasper

1 sny witbrood
100 ml melk
½ pakkie Sampioensoppoeier

Metode:
1. Verhit die oond tot 180*
2. Week die brood in die melk. Meng al die bestanddele deeglik.
3. Maak 12 middelmatige frikkadelle, rol in meel en pak in gesmeerde oondpan.
4. Skep die soetsous oor die frikkadelle en bak onbedek in die oond vir 25 minute. Draai die frikkadelle na 15 minute en skep die sous weer oor.

SOETSOUS
160 ml Sagte bruinsuiker
60 ml Worcestersous
60 ml Blatjang
90 ml Tamatiesous
60 ml Matige mosterd
‘n Paar druppels Tobasco sous

Meng die bestandele goed saam.