Thursday 19 May 2016

SOETMIELIE-SOUFFLé




SOETMIELIE-SOUFFLé
Sit voor met braaivleis en slaai.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute...
Gaarmaaktyd: 1 uur

15 ml (1 e) botter, gesmelt
4 ekstra groot eiers
30 ml (2 e) suiker
60 ml (¼ k) bruismeel
knippie sout
1 liter (4 k) melk
2 blikke (415 g elk) soetmielies

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer ’n middelslag-oondbak of ses ramekins met gesmelte botter en hou dit eenkant.
Klits die eiers in ’n groot mengbak en gooi die suiker daarby.
Klits dit vir ’n paar minute.
Roer die meel en sout by die eiers en klits vir nog ’n paar minute.
Voeg dan die melk by.
Roer goed en voeg laastens die soetmielies by.
Gooi in ’n voorbereide bak sodra alles goed gemeng is.
Bak sowat 1 uur of tot gaar en goed uitgerys.