Monday 30 May 2016

ROSTI OMELET




ROSTI OMELET
RESEP
250 g rou aartappel - gerasper of in baie dun skyfies van 3 mm gesny...
1 middelslag ui - gerasper
2 knoffeltoontjies - fyn gedruk
1 wortel - gerasper
2 e olyfolie

1 soetrissie - kleur van jou keuse - julienne snitte
1 murgpampoentjie - gerasper met skil
2 groot eiers
3 eierwitte
2 el spriet uie - gekap
½ kop mature cheddarkaas - gerasper
rocket blare vir garnering
METODE
1. Plaas die gerasperde aartappel in koue water vir 10 minute vir die ekstra stysel om af te kom en om te help dat die aartappel sy vorm behou as dit gesny word.
Dreineer die water, en druk droog met kombuispapier.
2. Meng die uie, knoffel en wortel by die aartappel.
3. In ‘n voorverhitte kleefvrye pan, braai die bogenoemde mengsel vir 5 minute by medium hitte.
4. Voeg die res van die soetrissie en murgpampoentjie by en bedek met deksel en roer so 2 keer in 5 minute.
5. Klop die kaas, heel eiers, eierwitte, sprietuie, sout en peper en gooi oor die aartappel mengsel.
Roer liggies sodat alles kan deur werk en laat met deksel op by lae hitte gaar word en set vir ongeveer 5 minute.
VARIASIE
1. By stap 5 kan enige ander protein bygevoeg word.
Porsies: 4.